|
,,Dissie lewe"
|
||||||
|
Jaarprogram - 2010
RSG 4x4 Klub belde te koop in voorraad. Solide brass met egte veg leer in alle grotes. R125 plus posgeld R35. Skakel ons kantoor.
|
RSG se 4x4 klub
het ontstaan toe Francois Rossouw se 4x4 program deel geword het van Bon Voyage, die
reisprogram wat Saterdae tussen 10 uur en 11 uur op RSG uitgesaai word. Ons strewe om vir ons luisteraars 'n ietsie ekstra as waardetoevoeging te gee. Ons gesels nie net in ons program oor die interessante plekke en bestemmings vir die 4x4 aanhangers nie, maar reel ook die ekspedisies na daardie plekke. Op hierdie manier kry luisteraars die kans om op die mees interessante plekke uit te kom, 4x4 op 'n ge-organiseerde manier te geniet en baie ander vriende te maak met mense met dieselfde belangstelling. Op hierdie manier het ons sekerlik die grootste vriendskapsklub in die land geword. Om deel te word van die 4x4 klub, moet jy net een keer op een van ons 4x4 ekspedisies saamgaan. Lidmaatskap is totaal gratis en ons nuusbrief is Saterdagoggende tussen 10 en 11 op RSG as deel van ,,Bon Voyage''. Indien jy van 'n toer hoor waarin jy sou belangstel, skakel net ons kantoor by 011 9025066, vra vir meer besonderhede en bespreek as dit jou geval. Ons maak ook voorsiening vir mense wat nog nooit vantevore 'n 4x4 toer onderneem het nie en opleiding geskied algaande. Ons jaarprogram is lewend en datums en bestemmings word bygevoeg soos dit beskikbaar word. Op hierdie stadium is die RSG4X4KLUB die grootste 4x4 organisasie in die land. Om meer besonderhede te kry klik op die indeks links. Stuur e-pos aan die 4x4ou of klik hierdie
|