Alberton Gesinsdag 2011
DIE KLIPKOPPIE FEES 4X4:
VRYDAG 27 MEI EN SATERDAG 28 MEI 2011Oor die laaste twaalf jaar het ons elke jaar die Alberton Gesinsdag 4x4 aangebied tot bate van die kerk.
Vanjaar gaan ons weer hierdie geweldig gesellige 4x4 aanbied, maar weer saam met die bazaar en uitstallings en dan Saterdag se verskeie kunstenaars wat musiek en prêt verskaf.
Dit heet nou die Klipkoppie fees wat al Vrydag 27 Mei begin met ‘n hele vermaaklikheidsprogram, bazaar en die Mej en Mnr Klipkoppiefees.
Vir daardie doel is daar groot markiestente gereel, sodat die koue ons nie sal pla nie.
Saterdagoggend 28 Mei begin die 4x4 skattejag wat oor ‘n roete van 15 km gehou word. Die roete is nie moeilik nie en jy kan in jou elkedagse 4x4 kom deelneem, alhoewel daar ‘n paar opsionele hindernisse is vir die ouens wat ‘n bietjie harder 4x4 soek. Jy gaan egter die 4x4 nodig kry.
Die hele gesin kan saam in die 4x4 deelneem. Jy verloor glad nie punte as jy die ompad by ‘n hindernis neem nie. Punte word verdien deur die antwoorde op vyftig vrae op die roete te soek. Dis nou waar die sports inkom. Die kinders geniet hulle gate uit om die leidrade wat soms heel kripties kan wees, te soek en dan die vrae te beantwoord. Die grootmense geniet dit nog meer en as iemand ‘n antwoord vind, hoorjy dikwels sy oorwinningskreet.!!!!
As jy al die antwoorde wil kry, kan jy jou regmaak vir minstens drie ure op die roete.
Takke wat die voertuie kon krap, is gesny en die gras wat vanjaar goed gegroei het, is gesny sodat die roete mooi duidelik en lekker is. ‘n Heel nuwe roete is op en om die Meyerplaas by Alberton uitgewerk en dit belowe sake vol prêt. Neem genoeg drinkgoed en eetgoed saam op die roete. Dit put jou uit……..
Al die voertuie kan nie gelyk wegspring nie, daarom laat ons van half nege die oggend af elke dertig sekondes een vertrek . Eenuur vertrek die laaste. So, jy kan eers kerk toe gaan as jy wil.
Daar is lekker brekfisburgers en koffie beskikbaar van vroeg af en daar is die hele dag lank eet en drinkgoed beskikbaar , van Kerrie en rys, hamburgers tot braaivleis.
Daar is ook ‘n lekker biertent en die groot rugby kan op twee grootskerm tv’s gesien word.
Deur die dag gaan verskeie kunstenaars in die groot tent optree, maar die aand is die groot konsert.
Prysuitdeling sal vyfuur wees.
Die koste is R250.00 per voertuig om aan die 4x4 skattejag deel te neem en daar is ‘n prys vir elke voertuig wat sy papiere aan die einde van die dag terugbring.
Eerste prys is ‘n stel 4x4 bande.!!!
Toegang wat die konserte, bazaar en uitstallings insluit is R30.00 per persoon.
Hierdie is groot prêt!!!!! Daag net op…….. Ons het plek vir jou !!!!!
Bring stoele saam……
Om op die plaas te kom, neem die Alberton Voortrekkerweg afrit van die N12 af en draai Alberton dorp se kant toe. By die eerste robot draai regs op die Ringpad Wes en weer regs by die derde robot in FORESTRAAT tot verby die sekuriteit en onderdeur die brug.
Daarvandaan sal duidelike aanwysings wees.
Groete, Francois.
0824915900
0119025066