RSG4X4KLUB ANGOLA 2012:  “N HEEL NUWE ROETE    6 – 19 MEI 2012

RSG was amper 10 jaar terug van die eerstes om toere na Angola te neem. Die Suid-weste van Angola was redelik vry van landmyne en is ‘n besonderse mooi deel van Angola (die deel bevat die Iona park en is in werklikheid maar die mees noordelike punt van die Namob woestyn). Visvang langs die kus was fantasties en Angola Adventure Safaris het by Flamingo (Rico Sakko) net Noord van die hawedorp Namibe ‘n lieflike ‘visvang lodge’ gebou waarvandaan mens  die omgewing kon verken en lekker visvang.

Die area het so bekend geword dat daar vandag heelwat operateurs en groepe is wat die ‘tipiese’ Angola toer doen. Die visvang geleentheid is redelik ingeperk aangesien daar ‘n groot area vanaf die Kunene noordwaards ‘toegemaak’ is vir visvang.
APIC01
Aan die anderkant is Angola besig om die skade van die jarelange oorlog te herstel en paaie wat voorheen slegs deur net die dapperstes aangedurf is, is mooi herstel. Die areas is ontmyn die dorpe en stede is  druk besig  met herstelwerk, opruiming, nuwe geboue ens.

Dit maak dat die werklike mooi dele nou veilig en met redelike gemak toeganklik is vir die toeris.

Die stede in Angola (Luanda, Benquela, Lobito, Huambo & Lubango) is tipiese Afrika stede met eie karakter. Hier is heelwat werkloses wat maar soos oral in die wêreld na die stede gestroom het met die hoop op ‘n beter toekoms en werksgeleenthede.


APIC02In kontras hiermee is die indruk wat geskep word dat diegene wat in die platteland agtergebly het en op die ou tradisionele manier ‘n bestaan maak, daar baie meer gelukkig is en ook gaan hulle aan met hulle daaglikse bestaan.. Die mense is verskriklik vriendelik en altyd gereed om ietsie te verkoop orals langs die paaie en op die tradisionele markte by elke dorpie . (vanaf houtskool wat hulle self maak, groente, vrugte vars brood en vele ander).of langs die kus ,koop mens by die vissers wat met hulle roeibote vroeg soggens uitgaan lekker vars vis sommer so op die strand.

So indien mens ‘n bietjie wyer na Angola kyk is dit ‘n aangename verrassing om te sien dat Angola baie het om te bied en te ontdek. Angola is soos ‘n reuse legkaart wat opgebou word uit verskillende fasette van landskappe, kulture, klimaatsomstandighede en bied vanaf groen tropiese woude, berglandskappe, groot riviere, watervalle, wye oop vlaktes tot wit ongerepte strande. Die RSG 2012 Angola toer is dus juis beplan om hierdie minder bekende dele te verken en lekker nuwe plekke te ontdek.

 

APIC03Die toere begin by Rundu waar die groep bymekaar kom langs die Kavango rivier. Vir diegene wat die eerste keer in die deel van die wêreld kom sal dit interresant wees om deur Botswana te ry en so bietjie van die Kavango moerasse te ervaar (miskien oor te bly by Ghanzi of Drotsky’s Cabins lang die Kavango aangesien ons vir die eerste deel van die toer die al langs die Kavango gaan opbeweeg tot by sy oorsprong diep binne in Angola. Dit was in die deel van Angola waar daar ernstig oorlog gemaak is gedurende die burgeroorlog jare. Alhoewel daar redelik aan die opruim is, is daar nou vele tekens van die oorlog in die vorm van militêre voertuie, russiese tenks en geboue wat erg onder mortiere deurgeloop het. Met die padbou aksies is daar baie goed opgeruim langs die paaie ten opsigte van landmyne – so hier en daar is daar nog areas wat nie opgeruim is nie maar hulle is duidelik gemerk deur die kenmerklike rooi ‘Minas’ bordjies.

 

Dag 1 -3

APIC04Angola is maar bekend vir sy slegte paaie en dat daar nou teen groot spoed gewerk word om die reg te maak. Dit is ook die geval in die omgewing en die vordering behoort redelik te wees maar plek plek sal mens maar steeds van die ‘ou paaie’ tee kom of met ompaaie moet ry. Ons beoog om baie vroeg die oggend uit Rundu te vertrek (eerste lig) om so gou moontlik by die grenspos by Katwitwi aan te meld. Dit kos maar geduld en tyd om deur die grensposte te kom! Daarna op pad Menongue toe en behoort so teen middag die volgende dag daar aan te kom. Menonque was in die sentrum van die oorlog gebied en verder noord gaan ons deur Huambo wat oor die algemeen bekend was vanweë die feit dat dit die hoofkwartier van Jonas Savimbi was voor hy aan die einde van die oorlog uitgewyk het Jamba toe. So teen dag 3 bereik ons die oorsprong van die Kavango (Kabango in Portugeus) kort diskant Huambo. Huambo is ‘n groot dorp en was selfs op ‘n stadium oorweeg as hoofstad vir Angola. Die omliggende areas is baie vrugbare wêreld en ‘n goeie landbouarea met groot plantasies en was ook die hartland van koffie produksie in die koloniale era

 

 

Dae 4 - 7

Tot dusvêr het ons daagliks lang afstande noord gery en bevind ons onsself  in ‘n pragtige area met groot riviere en tropiese woude. Ons is nou op die noordelike draaipunt van ons toer en ons draai dan wes na die kusdorpe Sumbe, Lobito en Benquella .

 

Dae 8 - 11 (Vakansietyd!!)

APIC05 Na die ge-‘huzle and buzle’ van die kusdorpe neem die pas van die toer af en daar word op verskeie van die wye ‘ongerepte’ strande gekamp en die warm see en omgewing geniet – hier sal daar verskeie geleenthede wees vir  die ouens wat wil visvang om lyn nat te maak.

Ons beweeg al langs die kus suid tot by die mees suidelik hawedorp Namibe waar ons vir oulaas langs die see by Flamingo kamp oorbly. Hier is weer geleentheid vir visvang en ‘n besoek aan die  binnelandse meer ‘Arco’.

 

Dae 12 – 13
APIC06
… en dan ongelukkig moet alle goeie dinge  tot ‘n end kom met die ‘grand finale’ – Leba pas en Humpata met sy ryk Dorslandtrek geskiedenis en ‘n besoek aan Lubango en die Christus beeld belowe om die ‘n ekskursie te maak wat vir jare onthou sal word.

 

As ons die eerste dag wat ons by Rundu bymekaarkom, intel, sal ons die veertiende dag weer oor die grens uitkom. Ons beplan om by Ruacana deur die grens te kom, maar ons monitor die grenspos en soms verander ons dit as daar en of ander oponthoud te wagte is.

Ons sal nader aan die tyd die presiese bymekaarkomplek vir die eerste aand laat weet. Daardie aand se kostes is ook ingereken.

Op die hele trip gaan ons kamp, maar alle etes word voorsien en is ingereken in die koste. Angola is vreeslik duur. Alles is duur behalwe brandstof wat minder as helfte as by ons kos.

Afhangende van die natgeid, van die paaie, mag ons dalk gedwing word om die roete te verander.

Die koste vir die trip is R9950.00 per persoon wat die kampplekke,kos en toegange insluit. Ons neem drie gidsvoertuie en gidse saam wat kan portugees praat. Sakgeld kan jy in Amerikaanse Dollars neem wat ons daar omruil.
Ons verwag ‘n 50% deposito per persoon by bespreking en die balans by 15 Maart 2012, want ek moet dan al die gelde oorbetaal. Dan het julle nie drama met valuta en wisselkoerse nie.

Die Visums kos R800 en die agent vra R200 per visum. Dis dan R1000 per persoon ekstra. Julle stuur jul paspoorte vir ons, en ons stuur dit dan weer vir julle terug met die Poskantoor se OORNAGDIENS nl. SPEED SERVICES, as die visums gedoen is.
KONTANT-OORBETALINGS: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken ‘n 2% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.
KANSELLASIES: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan al die verskillende instansies bv. akkommodasies en aan die mense wat die etes voorsien, As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

Hierdie is ‘n wonderlike uitstappie en iets wat jy jou lewe lan sal onthou!!!

LET WEL:

Neem die Lisensie-kwitansie of afskrif van die regitrasie-dokument. Dit word gestempel by die grens want hulle wil nie die oorspronklike dokumente stempel nie.. Maak voor die tyd seker die enjin-en onderstelnommers is reg en maak seker jy weet waar hulle sit. Maak ‘n lys van al die waardevolle items soos bv. kameras, GPS’s. selfone ens. Dit moet dan deur die doeane gestempel word sodat jy nie belasting hoef te betaal nie as jy weer terugkom Namibie toe nie.Dis dan net makliker by die grens. Ons moet maar geduldig wees by die grens . ONTHOU JUL PASPOORTE!!!

Die kokke ry saam met ons en begin eers kosmaak as ons stop. Daarom berei ons, ons voor vir laterige aandetes. Ons neem ‘n storthuisie saam, jy bring net water saam. Gee jou water vir die ouens by die vuur en hulle gee jou warm water wat jy in die huisie in die emmer gooi en skakel die pompie aan. As jy skoon is, of die water is op, is jy klaar!!! Dit werk baie lekker.

Ons karre moet voor en agter ‘n vasmaakplek he vir ‘n tou vir net ingeval. Neem jou geld in kleinerige US DOLLARS saam…kleingeld kom in hulle geld wat nikswerd is by ons nie. Ons het nog nooit meer as $200 per persoon nodig gekry nie. Neem ook saam: bandepomp, drukmeter, silicon, gaas vir voor die verkoeler vir gras, muskietgoed, cable ties, minstens 50 liter water  per kar en 10 liter water en 2 sakke vuurmaakhout vir die kokke, insuleerband, batterye vir die remotes, binddraad, EKSTRA BRANSTOF-FILTERS, spaar olie, remvloeistof, kopseerpille, maagmedisyne, Germolene, flits,graaf, fuses en globes, Q20, jumpercables. Eetgerei, tent en slaapgoed, handdoeke, toiletpapier en genoeg drinkgoed, ‘n Daktent kan saamgeneem word, maar nie sleep-waentjies nie of karavane nie.

Ons sal ‘n kaart met GPS-Ko-ordinate met die finale instruksies stuur..
VIR BRANDSTOF:…….Die vulstasies is nie meer as 400 km uitmekaar nie en ons hoef nie ekstra saam te ry nie. Ek bevel nogtans aan dat ons een kan vol ry net vir daardie ingeval geval. Julle moet ook ‘n ZA-PLAKKER op jou voertuig he. En ONTHOU jul PASPOORTE.

Mediese Verskering is vir elkeen se eie verantwoordelikheid. Reisversekering is ook elkeen se eie besluit. Baie Versekerings dek nie Angola nie. As iemand ‘n problem het, kan hy vir Phillip Viljoen skakel by Momentum. Sy selnommer is 0833065657. Sy e-posadres is: phillip@leisuresure.co.za.

Ons sal die visums reel. Dis ‘n nagmerrie!!! Jy kan nie net besluit jy gaan Angola toe nie. Jy moet eers ‘n uitnodiging van iemand kry daar voor jy ‘n visum kan kry. Jy moet vir 2dae vir een visum daar staan.Dan is die visums ‘n nagmerrie….Daarom gebruik ons ‘n agent wat alles reel.Ek neem ekstra geld saam vir ingeval ons ‘n voertuig met teenspoed kry of iets onvoorsiens gebeur. Maar ons sal daardie reelings vir almal hanteer, maar ons moet die paspoorte by 15 MAART 2012 kry

 

“DIT GAAN ‘N BELEWENIS VAN ‘N TOER WEES!!!!!!

 

Groete
Francois
My Noodnommer is 0824915900

 

Klik hier om terug te gaan na die jaarprogram