DAL VAN DOODSKADU IN DIE NAMIB 3 – 9 JUNIE 2012 en 24 - 30 JUNIE
Hierdie is ‘n baie unieke en eksklusief net vir RSG4X4KLUB toer. Ons gaan ‘n deel van die Namib sien waar nog net ‘n paar mense ooit was wat wel daar uitgekom het. Toemaar, ons vat alles nodig saam om almal deur te help as dit nodig is.
Omdat ons naby Sossusvlei bymekaarkom, beveel ek sterk aan dat die wat kan, ‘n dag vroeer kom sodat ons daardie landmark op eie stoom kan besoek.. Die kampplek sal gereed wees waar ons bly.
Ons poog maar deurentyd om die toer spesiaal te hou en verander jaar na jaar die roete om altyd by iets nuuts en spesiaal uit te kom.
Vanjaar wil ons onder andere die gebied besoek waar Henno Maartin tydens die tweede wereld oorlog hier in die woestyn kom skuil het ten einde internering te voorkom. Vir die wat sy boek, The Sheletering Desert, kan bekom en lees of gelees het, sal dit uiters interesant wees.
DAG EEN - SONDAG 3 JUNIE 2012 / 24 JUNIE 2012
Ons kom by Rostock Ritz Desert Lodge bymekaar (www.rostock-ritz-desert-lodge.com) Rostock is sowat 45 km vanaf Solitaire waar laaste brandstof en ander noodsaaklikhede gekry kan word.
DAG TWEE - MAANDAG 4 JUNIE / 25 JUNIE 2012
Vanaf Rostock ry ons noord verby die Guab en Kuiseb riviere (dit was tipies die ‘jaggebied’ wat Henno Maartin hulle in ge-‘operate’ het. Net anderkant Kuiseb pas draai ons in die Nuakluft park in en ry ons tot op die rand van die Kuiseb. |Sou dit moontlik wees (kan dalk nat wees) seil ons af in die rivier en ervaar die ‘binnekant’ van die Kuiseb Canion’
DAG DRIE - DINSDAG 5 JUNIE / 26 JUNIE 2012
Ons verlaat die canion en gaan oor Homeb na die massiewe duine . Ons ry Oos-wes deur hierdie duine en duinstrate tot ons sommer die aand tussen die duine kamp maak. Ons gaan nou meer wes rigting Conception Baai waar die groot duine wag.
DAG VIER - WOENSDAG 6 JUNIE / 27 JUNIE 2012
Ons vleg deur die lekker duine en gaan na die Duitse myndorpies uit die vroee 1900’s..Hoe, groot duine met lekker diep gate . Ons sal die wrak van die Edward Bolen sien wat reeds in 1909 daar gestrand het en nou reeds ‘n kilometer van die water af le soos die strand groter word. Daarvandaan ry ons strandlangs tot by die Shawnee, die Amerikaanse sleepboot wat in 1975 daar gestrand het. Ons is nou aan die voet van die ‘DAL’
DAG VYF - DONDERDAG 7 JUNIE / 28 JUNIE 2012
Vandag is dit ons en die ‘DAL’ – ons gaan nou sommer direk in die Dal. Dis die dag van verrekening. Ons gaan deur die dal van doodskadu met diep gate tussen die duine wat ‘n mens lekker kan besig hou. Hier werk die baas en die 4x4 ewe hard. Ons werk Noord en kamp die aand naby Sandvis Hawe
DAG SES - VRYDAG 8 JUNIE / 29 JUNIE 2012
Vandag is die ,,Longdrop op die spyskaart. Dis ‘n 100 meter hoe duin waar jy stadig afgaan tot halfpad en dan vet gee. Die onderkant is glad rond en jy moet hom teen so 110 km/uur slaan om weer die duin anderkant uit te kom. Toemaar, ons het ‘n laaaaang sleeptou vir as jy dit nie maak nie. Daar is nog so ‘n paar grotes wat jy vir die res van jou lewe sal onthou. Ons het hier ‘n verbypad vir ons wat bang is.
Ons slaap die aand by Lauberville in die Kuisep. Dis ‘n vroeere kamp van die veiligheidspolisie en naby ‘n harderige pad. So, ons kan vanaand maar weer bande pomp
DAG SEWE - SATERDAG 9 JUNIE / 30 JUNIE 2012
Ons is na ontbyt reg om die pad huis toe te vat. Met hierdie veranderde program sal ons baie meer duine ry en minder kilometers, maar die diesels sal minstens 180 liter en die petrols 220 liter moet vat in total saam met ons standard tenks.
LET WEL:
Die prys van die toer is R7500 per persoon. Kinders onder 6 jaar is gratis. Laerskool is ¼ prys, Hoerskool is ½ prys. Dit sluit alle etes , plus gidse, konsessies en die eerste en laaste aand se kamplekke, in. Vir meer as een kind, onderhandel met my.
Kontant oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 2% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.
Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae reeds oorbetaal aan al die instansies waarheen ons gaan,bv. blyplekke en aan al die mense wat ons etes voorsien. As julle binne 30 dae kanselleer, kan ons nie julle gelde terug waarborg nie.
In totaal ry ons 580 km.
Voertuie gaan swaaaar wees op brandstof. Dubbel soos op die pad en nog meer. Ons sal by Soliter moet volmaak voor ons bymekaarkom.
Ons neem ‘n span gidse saam wat help as ons sukkel. Hulle het al die herwinningstoerusting en storte en toilette by hulle. Sorg dat jou voertuig ‘n vasmaakplek voor en agter het vir die sleeptou.
Ons neem ook die kokke saam wat drie etes per dag voorsien. Bring genoeg drinkgoed saam. Die woestyn maak jou dors!!.
Elke voertuig moet asb twee sakke hout saambring vir ons kampvuur in die aande, en twintig liter water vir die kombuis.
Ons neem ‘n stort saam. Bring jou eie water. Die kokke maak dit warm by die vuur.
Bring eetgerei, kampgoed, drinkgoed, sonbrandgoed, banddrukmeter en pomp, warm klere vir saans, ekstra olies, water, toiletpapier, handdoek, aansteker vir die toiletpapier, grafie en ‘n hoed en sonbril.
Ek maak my tentpenne van 900 mm droppers wat en deursny vir 2 x 450 penne.waarvoor ek oortjies aansweis.
Jou voertuig moet reg wees. Geen split rims met binnebande nie. ,,Low range’’ is noodsaaklik.
GROETE, FRANCOIS - MY NOODNOMMER: 0824915900