KIRKWOOD ROUND TABLE 78

SONDAGSRIVIER VALLEY 4x4

Datum: 20 – 24  September 2012

Die Sondagsrivier Vallei was 200jr gelede gewikkel in ‘n bloedige grens-oorloë tussen al die etniese groepe, maar word vandag beskou as een van die broodmandjies van die Oos-Kaap.  Hier is uitstekende akkommodasie, restaurante, wild en ander aktiwiteite, waarvan ‘n paar gesien gaan word tydens die naweek.  Die vallei is geleë tussen ongelooflike bergreekse en maak sy bestaan hoofsaaklik uit sitrus en is ook baie gewild tydens die jagseisoen.  Die vallei is ryk aan sy geskiedenis. Sir Percy Fitzpatrick, die bekende skrywer van Jock of the Bushveld, het hier afgetree en hy en sy vrou is later by die uitkykpunt, “The Lookout” in Sunland begrawe.  In 1814 het Goewerneur Cradock die eerste plaas hier toegeken.

DONDERDAG: 20 SEPTEMBER

Ons kom almal so van 16:00 by COSMOS CUISINE GASTEHUIS TE SUNLAND bymekaar van waar  ons slaap plek vir die duur van die naweek aan ons uitgewys sal word.  Inskrywings sal vanaf 18:00 geskied en 19:30 sal ons begin inbeweeg vir aandete.
Om by Cosmos Cuisine Gastehuis te kom:

Aanwysing na Cosmos Cuisine Gastehuis vanaf  Port Elizabeth

Neem die N2 na Grahamstad.  Na “Bluewater Bay” draai link op die R335.  Vanaf die afdraai is dit 45minute se ry na Addo.  Net nadat jy deur die dorp Addo is, draai link op die R336(Kirkwood afdraai).  Die gastehuis is 7.5km op jou linkerkant.

Aanwysing na Cosmos Cuisine Gastehuis vanaf  Cradock

Neem die N10 na Port Elizabeth.  Draai regs op die R342 (Addo Olifant Park afdraai).  Die R342 verander na R335.  Draai  regs op die R336 (Kirkwood afdraai).  Die gastehuis is 7.5km op jou linkerkant.

Aanwysing na Cosmos Cuisine Gastehuis vanaf  Grahamstad

Neem die N2 na Port Elizabeth.  Draai regs op die N10 na Paterson.  Draai links op die R342 (Addo Olifant Park afdraai). Die R342 verander na R335.  Draai regs op die R336 (Kirkwood afdraai).  Die gastehuis is 7.5km op jou linkerkant

Kontak gerus vir Lemien De Ridder: 042 – 2340323  / 0829261283,  indien daar enige verwarring is.

VRYDAG : 21 SEPTEMBER

Ontbyt sal 7:30 bedien word en 8:30 val ons in die pad.  Itaba Lodge is so 35km vanaf die Gastehuis. Ongeveer 13km anderkant Kirkwood draai ons regs na die Klein Wintertberge. By ItabaLodge se bord draai ons regs en volg ‘n lekker lang kronkel 4x4 na bo.  Die Lodge is 600m bo seespieël geleë en as jy mooi kyk gaan jy dalk gelukkig wees en die Cape Mountain Zebra te sien kry.  Dis ‘n bedreigde spesie en ‘n projek waarby die eienaar betrokke is om hulle weer te probeer hervestig.in die omgewing.  By die Lodge gaan ons vinnig stop om die mooi uitsig te geniet.  Die roete neem ons tussen die bergreeks deur waar, baie wild te sien is. Ons gaan uitkom by Brakkefontein, op die plaas van Mnr. Joubert, waar ons die grondpad gaan volg na die Aloe Tentedorp vir middagete en vir die wat wil is daar ‘n lieflike poel om by af  te koel.

Met ons 2de helfde ry ons terug na Brakkefontein waar ons linksdraai in Mnr. Joubert se plaas.  Hierdie gedeelte is baie reik aan geskiedenis Ons volg‘n lekker steil pad op na bo – met ‘n baie mooi uitsig.  Verder aan  gaan ons  met ‘n baie steil roete afbeweeg in ‘n beboste area, waar die roete dan tot ‘n einde kom.

Met ons terugkeer na die Gastehuis gaan ons by die Plaas “Tweeling” stop (net voor Kirkwood) vir ‘n lekker proe sensasie. Die unieke vrou het ‘n geleentheid in die vallei gesien en dit met ope arms geneem.  Hulle maak die lekkerste konfyte, liquers, marmelades en nog meer met enige vrugte of groente wat beskikbaar is.  Daarna beweeg ons terug na die gastehuis waar elkeen rustig kan verkeer en gereed kan maak vir aandete.  Almal kan so van 19:30 bymekaar kom by die onderdak braaiarea.

K01 K02
ITABA LODGE AFDRAAI – KLIM BERGREEKS                   AF en Op roete na die Lodge
K03 K04
2DE HELFDE VAN ROETE (NA MIDDAGETE)                     LAASTE GEDEELTE VAN ROETE (AFDRAANDE)

SATERDAG: 22 SEPTEMBER

Ontbyt sal al van 7uur reg wees.  Ons moet stiptelik 8:30 vertrek aangesien dit ‘n baie lang maar opwindende dag gaan wees.

Slagboom is geleë tussen die Suurbergreeks en bevat alles wat van ‘n 4x4 dag verlang word.

Ons draai regs by ‘n grondpad net duskant die Gastehuis waar ons tussen plase gaan deurbeweeg tot die pad vurk en ons links draai  na Slagboom.  By Boetie en Boy se woning gaan ons stop, waar Boetie ons gaan vergesel op die 35km adrenalien gewaarborgde roete.

Jy kan jou voorberei op steil hellings, skerp afdraandes, klipperige gedeeltes en darem ook heelwat stilhouplek om die uitsig van die omringende Suurberge te geniet. Vanaf die uitkykpunt oor die Slagboomdam sal jy ook fynbos, proteas en grasveld kry.  Vyf van die Sewe bome van Suid-Afrika kom in die klein area voor.


K05        K06
Voorsteberg                                                                            Paalbrug
K07    K08
Lovers Lane                                                                                                              Gearbox hoogte

 

Kyk uit vir die volgende hoogtepunte:

  1. Lovers Lane (5-gradering) – Jy beweeg amper vertikaal  op ‘n klipperige en steil roete af  na die kloof, waar jy deur ‘n nou  kloof van 400m beweeg.  Hou maar  jou oë oop vir rotsbanke in die middle van die pad.
  2. Voorsteberg -naby Doopgat, (5-gradering) -4km roete reguit op na die bopunt van die berg.  Hier kan jy duidelik sien hoe die plantegroei verander van valleibosveld na gras- en suurveld.  Met die afdraande slag moet jou oë maar goed op die grond gevestig wees.
  3. Ysterkloof: Tonnel tussen die bome oppad na Spioenkop.
  4. Paalbrug:  Hindernis waar jy met jou voertuig oor houtpale moet ry
  5. Gearbox hoogte: Baie steil en klipperige roete die berg af.

 Middagete sal genuttig word by een van hulle ruskampe onder die bome.
As van die roetes jou ongemaklik laat voel, is daar heelwat ontsnaproetes wat jy kan gebruik.
Na ‘n uitputtende dag sal ons terugkeer Gastehuis toe waar elkeen ‘n lekker warm bad/stort kan geniet en kan regmaak vir ‘n lekker kuier om die tafel.

SONDAG: 23  SEPTEMBER

Na ontbyt wat vanaf 7:30 reg sal wees, gaan ons vertrek om ‘n bietjie 4x4 te ry en BAIE “sight seeing” te doen.  Ons gaan bietjie die Vallei en al sy wonders verken.  Na middagete gaan ons die Addo Olifantpark besoek, waar ‘n gids ons gaan vergesel om ons al die geheime van die park te vertel.
Almal moet teen 19:00 reg wees vir ‘n lekker aand om die vuur.  Kirkwood RoundTable se manne gaan vir ons steak braai en het ons verseker dat ons dit nêrens anders beter gaan kry nie.

MAANDAG: 24 SEPTEMBER

Ontbyt sal bedien word vanaf  7:30, waar na ons almal bymekaar sal kom om te groet tot volgende keer.

LET WEL

Die koste van die hele naweek is R3750.00 per persoon.  Dit sluit die Gastehuis en alle etes van Woensdag tot Sondagoggend in asook al die toegange, roetes en parkfooie. Dit sluit ook die gidse, padkos en die Addo Olifantpark in. Kinders: 0-5 jr gratis as hulle, hul eie matrassie saambring en hul ouers se kamer deel, 6 – 11 jaar R950 en 12 – 15 jaar R1800. 16 jaar en op is volprys. Vir meer as een kind, onderhandel met my.

Bring klere vir warm en koud. Die weer is veranderlik. Bring ‘n hoed, sonbrandgoed en genoeg drinkgoed vir die pad.

Slegs 4x4 voertuie met laestrek kan saamgaan. Bring ‘n bandepomp en drukmeter en as jy ‘n sleeptou het, vir ingeval jy iemand moet help.

Hierdie paar dae gaan ons ‘n deel van die land wys, wat bitter min mense regtig ken met baie ervarings en lekker saamkuier.

Kontant-oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 2% deposito kontant fooi in by die bedrag wat julle oorbetaal.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae reeds oorbetaal aan al die verskillende instansies waarheen ons gaan bv. blyplekke en aan al die mense wat ons etes voorsien. As julle binne 30dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

 

GROETE FRANCOIS   0824915900