DIE RSG4X4KLUB TRANSKEI WILDEKUS TOER 25 TOT 31 MAART 2012

ONS BEGIN SONDAG- MIDDAG

Hierdie toer is nie ‘n 4x4 uitdaging nie, maar ‘n reis om die mooi plekke van die Transkeise Wildekus te sien en ervaar. Die roete is sodanig dat jy ‘n 4x4 met laestrek nodig het om by al die plekke uit te kom. Die paaie is maar sleg en ons sal nie baie vinnig vorder nie. Plekke is ingesluit wat vir my baie spesiaal is en ek weet dat almal dit baie sal waardeer. Ons gids, Willie Stadler, was vir 33 jaar hier sendeling en ken paadjies en plekke wat toeriste nooit sien nie.

Omdat die weer soms verrassings bring, het ons vir al die aande hotelkamers of chalets vir almal bespreek. Dis waarom ons groepie nou kleiner is .

Net die vierde aand by Sinangwana waar ons in privaat huise bly, moet ons maar geduldig wees.  Alles is basies, maar skoon.

Maak voor die tyd vriende met wie julle ‘n huis sal wil deel. Al die etes is ingesluit en ons kry padkospakkies vir die dag.

Om daar te kom, is daar twee roetes.

1.Ry jy van Oos London op die N2 vir  50 km en draai regs op die R349 na Kei Mond. Maak vol op Oos London en weer by Kai Mond.

Nou gaan jy oor die pond en ry tot by Trennery’s.

2. Maak vol by Butterworth en ry Oos tot by Centane. Daar draai jy regs en volg die pad tot by Trennery’s.

As jy hierdie pad ry, kan dit interessant wees om vroeer  te kom en eers met die pond Kei Mond toe te gaan en sommer brandstof vol te maak voor jy hotel toe kom. Ons het nie die volgende dag tyd om oor die pond te gaan nie.

KO-ORDINATE: SUID 32 38 05,1     OOS 28 25 38,1

LET WEL: Die pond se tye is soos volg: Hulle is oop vanaf 7 uur die oggende tot 6 uur saans, MAAR die pond maak TOE 1 UUR VOOR LAAG GETY EN 2 URE NA LAAG GETY. Julle kan vir Sherwin Carr by 0474980095 of vir Hayley ook by 0474980095 / 0829083134 skakel om uit te vind van die getye voor julle daar kom en ook as julle vroeer by die hotel gaan wees. Dit kos R70 per kar  om oor die pond te gaan.

DAG EEN   SONDAG 25 MAART 2012
Ons kom almal net Noord van Kei Mond by Trennery’s hotel by die Qholorha riviertjie se mond bymekaar.sesuur die middag.

Aandete is half agt.

DAG TWEE  MAANDAG 26 MAART

Ontbyt is seweuur en   Agtuur sal ons tweerigting radios uitdeel.
Vandag ry ons redelik ver en die dag gaan lank wees. Dan ry ons langs die skilderagtige Mbaseerivier vallei  af en verby Collywobbles.

Ons slaap die aand by The Haven Hotel teen die see.

Aandete is half agt

DAG DRIE DINSDAG  27 MAART

Ontbyt is seweuur en ons ry half nege.

Vandag ry ons deur die Hlonyama-bos en verder Noord tyeen die Wildekus op. Ons gaan kyk na HOLE in the WALL en in Xhosa is dit ESIKHALENI – dis ,,die plek waar dit raas’’ –

Vanaand slaap ons by Anchorage Hotel baie naby die Mthatha Rivier se mond.

Aandete is half agt

DAG VIER  WOENSDAG  28 MAART

Ontbyt is seweuur en ons ry half nege.

Vandag ry ons deur die Mdumbi Rivier naby die CANZIBE Sendingstasie – Lekker 4x4--!!! 

Ons gaan vandag besig wees met die roete deur die Hluleka –reservaat en verder deur die Mnenu riviertjie tot by Sinangwana

Ons slaap vanaand  in privaat huise wat ons deel.

Hier is nie drank te koop nie en jy moet jou eie bring.

Aandete is half agt.

DAG VYF   DONDERDAG  29 MAART

Ontbyt is weer seweuur en ons ry half nege.

Vandag is weereens spesiaal. Ons gaan eers ‘n draai maak by Port St Johns met sy drie strande, die aanloopbaan bo-op die berg en die gat wat water uitspuit. Ons hoop die gety is reg. Dan gaan ons Lusikisiki –beteken ,, die geluid wat gras maak as die wind daardeur waai’’- voor dat ons die asemrowende Magwa waterval van 109 meter gaan bekyk. Hiervandaan gaan ons na die teeplantasies waar ons Transkei blikkies tee kan koop.

Nou beweeg ons aan na Mbotyi in die pragtige bos by die see waar ons die aand oornag.

Aandete is half agt.

DAG SES   VRYDAG 30 MAART

Ontbyt is seweuur en ons ry weer half nege.

Ons werk hard om toestemming te kry om vandag na Lupatana toe te gaan. Dan gaan ons na Waterfall Bluff waar die sterk rivier direk in die see val. Dis baie spesiaal.

Nou gaan ons met ‘n ander roete deur Lusiki na Flagstaff verby die Holy Cross hospital na Mkambati.

Vanaand gaan ons by Cremone by Port St. Johns op die wal van die Umzimvubu rivier slaap. Ons bly in die chalets. Hulle is baie duur, maar hulle diens is maar stadig.

SATERDAG  31 MAART

Ons ontbyt weer seweuur en dan gaan elkeen sy eie pad

LET WEL:

Ons moet die volgende goed saambring.

Eetgerei vir die derde aand by sinangwana,  handdoek, flits, toiletpapier, kampstoel, sleeptou as jy een het net vir ingeval, bandepomp en drukmeter, spaar brandstof filter, drinkwater, graaf as jy het, muskietgoed, genoeg drinkgoed en peuselgoed.

Iets om die padkos in te pak., warm klere vir die aande en vir ingeval, ‘n reenjas.
Ons kry ontbyt en padkos en ‘n lekker aandete elke dag.

Ons koste wat al die etes, die roetes, toegange, gidse al die blyplekke insluit, is R4800.00 per persoon. Kinders:  onder 6 jaar  is R600 as hulle die ouers se kamer deel,  6–11 jr. R2000 as hulle die ouers se kamer deel. 12-15jr R3700 en 16 jaar op is volprys. 

Kontant Oorbetalings: As julle ‘n kontant-oorbetaling doen, reken 2% kontant deposito fooi in by die bedrag wat julle gaan oorbetaal.

Kansellasies: Al die kostes is voor 30 dae alreeds oorbetaal aan die verskillende instansies soos bv. blyplekke en aan die mense wat die etes voorsien. As julle binne 30dae kanselleer, kan ons nie jul gelde terug waarborg nie.

LET WEL:
Die moontlik is daar dat van die blyplekke gaan verander. (VERBETERING)

GROETE FRANCOIS
My Nood-nommer:  0824915900

 

Klik hier om terug te gaan na die jaarprogram