Home

BOEGOEBERG

Boegoeberg is net om die draai. Ek het egter die roete eers gaan verken voor ons die program kon saamstel.

Die roete le net noord van die Oranjerivier tussen Griekwastad en Groblershoop. En ek kon dit self nie glo toe ek die sandduine sien nie. Ons gaan twee verskillende roetes ry. Die een is so vol sand soos die ander. Daar is ook enkele duine waar ek self die muiseroete moes vat. Hier gaan ons lekker speel!!

DAG 1

Ons kom almal die middag by die lekker kampplek onder groen bome op die groen gras op die wal van die Boegoeberg dam bymekaar. Daar is ‘n paar chalets op die oorkant van die dam met Die Ark, ‘n vlot, wat gereeld heen en weer vaar wat die gaste vervoer.

Dan is daar drie plaashuise nie ver van die kamp af nie wat as gastehuise dien. So, as jy nie lus het vir kamp nie, sal ons vir jou slaapplek het. Registrasie is net voor ete van sesuur af.

Ons aandete sal half agt die aand wees.

DAG 2

Ontbyt is half agt by die lapa en ons vertrek half nege. Daar is ‘n moontlikheid dat ons dalk die groep in twee groupies gaan verdeel sodat ons meer tyd het om die sand te geniet.  Ons gaan eers laat die middag terug wees by die kamp met aandete wat weer half agt is.

DAG 3

Ontbyt is weer half agt en ons vertrek weer half nege, maar ons gaan op die ander roete. As ons twee groepe is, ruil ons om.  Teen laatmiddag kom almal bymekaar en ons het ‘n klein toertjie wat die vrouens moet doen met die 4x4. Die voertuig se grootte en krag is nie ‘n fator nie.

Daardie aand na ete het ons ‘n prysuitdeling en konsert.

DAG 4

Daar is nog ‘n sandroete vir die wat nog nie genoeg gehad het nie en die wat wil, kan nog ‘n dag bly. Die res sal die langpad huis toe aandurf. Daar sal ‘n kompressor in die kamp wees as jy wil bande pomp.

LET WEL

As jy wil visvang, bring die stok, ons kamp op die dam se oewer.

Bring jou eie tent en kampgoed, flits, handdoek, bandepomp en drukmeter.

By ontbyt sal daar ‘n tafel met die padkosgoed op wees. Maak jou eie toebroodjies. Onthou ‘n kosblik om die padkos in te sit.

 

Home