DIE RSG 4X4 EKSPEDISIE NA DIE SANDDUINE VAN DIE SUIDE VAN BOTSWANA
3 - 7 September 2008
Hierdie is nie ‘n toer vir wereldkykers nie, maar eerder vir die mense wat die niks wil gaan sien en in die sandduine speel. Die omgewing is sand, afgelee en ver van alles af. Om te boer het jy omtrent vyftig hektaar per bok nodig en die wind waai die sand so rond dat daar na ‘n dag geen spore agterbly nie. Dis die enigste deel van Suidelike Afrika wat nog nie op ‘n kaart of op Tracks For Africa bestaan nie, omdat niemand nog daar was nie.
Peet Koekemoer het in die omgewing prospekteer en sodoende die beste 4x4 speelgronde ontdek. Hulle gaan dan ook die logistiek vir ons doen. Hulle ken die wereld.
DAG EEN
Ons kom almal die middag by Middelputs grenspos bymekaar. Ry van Kuruman, Kotazel Van ZylsRus. Neem nou die Askham pad en net ‘n entjie uit VanZylsrus af draai die pad regs weg na die Middelputs grenspos en Botswana. Maak brandstof vol by Vanzylsrus Dis die laaste kans.
Ons kamp die aand in die rivierloop naby die grens.
Aandete is half agt .
DAG TWEE
Ontbyt is seweuur. Dan vertrek ons agtuur grens toe . Dis ‘n ou grenspos waar alles nog met die hand geskryf word en die mense nie eens behoorlik kan skryf nie. So, ons laat vyf ure toe om die groepie daardeur te kry. Bring ‘n leesboek of breiwerk saam om jou besig te hou en ‘n bier vir die senuwees.
Hiervandaan begin die dinge sommer al klaar gebeur.. Die sand is dik en los Ons ry sowat 80 km tot by die ,,dorpie KHAWA” Daar is eintlik ook maar niks nie, maar daar woon ‘n paar mense.
Daar draai ons wes vir 20 km na ons kampplek. Dis nie ver tot by ons kampplek nie, maar ons gaan spook. Veral die ouens wat waentjies en karavane sleep. Ons sal maar help waar nodig.
Ons gaan al drie aande hier staan, daarom kan ons maar lekker kamp opslaan en inrig.
Die manne wat nie kan wag nie, gaan al die middag ‘n kansie kry om die duine te probeer!!. Aandete is weer half agt.
DAG DRIE
Ontbyt is agtuur en dan vertrek ons negeuur. Ons ry Noord oor die duine tot teen die oorgrenspark. Dan draai ons Wes in die rigting van Twee Rivieren, soo 100 km. Nou draai ons suid vir 30 km tot by Kalkpits., of Struisendam soos dit ook bekend staan. Nou is dit nog 80 km tot weer by die kamp. Dis egter al die pad sand en duine. Peet-hulle ken die duine en sal die roete kort sny as die tyd anders uitwerk. Die wind van die vorige week bepaal hoe moeilik die duine is. Die gesweet van die dag gaan vir ‘n groot aandete en iets koels vir die keel vra as ons vanaand langs die kampvuur ontspan. Aandete is weer half agt..
DAG VIER
Ontbyt is agtuur en ons vertrek negeuur Vandag gaan ons na hartelus in die duine speel. Ons roete neem ons deur die onherbergsame onbewoonde duine waar enige spore na een dag deur die winde skoongemaak word. Neem drinkgoed saam, want dit kan warm word in die sand.
Ons kom betyds terug om reg te maak vir aandete half agt.
DAG VYF
Ons eet vir oulaas ontbyt om agtuur en dan vertrek ons negeuur terug huis toe. Die grenspos is baie gouer as ons uit Botswana uit kom
Hierdie is nie ‘n trip vir moungatte nie, want al die geriewe wat ons daar wil he, moet ons self in en uit ry. Ons sal sorg vir toilette en storte, maar elkeen moet sy eie water saambring.
By die grenspos by middelputs is heerlike skoon vars boorgatwater waar ons ons kanne kan volmaak as ons ingaan.
Om lekker kampvuur te kan maak, moet elke voertuig asseblief een bondel hout en een sak charcoal saambring.
Elkeen moet sy eie kampgereedskap, stoele, eetgerei, drinkgoed, flits, water, handdoeke en genoeg brandstof saambring. As ons baie wil speel, moet ons baie brandstof he. Ek sal nader aan die tyd laat weet of ek dit kon regkry om ekstra dromme brandstof by ons kamp te kry.
Die koste sluit alle etes, kampplek, roetes, gidse, inbring van geriewe, padkos in.