BOYSTOWN 4X4 GESINSDAG SKATTEJAG.
Vanjaar skuif die 4x4 pret skattejag na die HENNOPS OFF ROAD TRACK naby Hennops Pride. S 25 47 800 E 27 58 950
Om daar te kom vanaf JHB . Neem die WILLIAM NICOL afrit en draai Noord verby FOURWAYS. R511
Nou word die pad Hobartweg verby die Indaba Hotel en reguit aan tot onderdeur die Krugersdorp – Pretoria snelweg. Die roete bly R511
Draai nou op die R511 na Hartebeespoortdam.
Eerste kry ons Hennops Pride, maar hou verby vir 7 km.
Dan is die HENNOPS OFF ROAD TRAIL links. Daar sal Boys Town borde ook wees.
As jy sou verdwaal, skakel George by 082 825 9205
Die eerste voertuie sal negeuur wegspring. Jy kan egter enige tyd tussen 9 en twaalfuur wegspring.
Die roete is maar 6 km. lank, maar gaan jou besig hou vir ten minste drie ure
Elke voertuig kry ‘n roetekaart en vraelys. Die hele gesin kan saamry en help om die leidrade tot die antwoorde op die roete te soek.
Die punte word vir korrekte antwoorde toegeken. Jy verloor nie punte as jy die ompad verby die hindernisse vat nie.
Vir die mense wat die moeilike pad soek, sal daar genoeg hindernisse wees.elkeen met ‘n ompad sodat jy met jou sondagkar ook kan kom en nie verplig is om hom te straf nie.
Die prysuitdeling is vieruur die middag. Dan moet al die voertuie terug wees.
Daar sal braaivleisvure wees en vleispakkies te koop en broodrolletjies.
Die koste is R250 per voertuig ongeag hoeveel mense in die voertuig is.
Nissan gee vir elke bestuurder en sy rydaar ‘n T-hemp en daar sal te koop wees as jy ekstras soek.
Daar is baaaaaie pryse en elke voertuig sal ‘n prys kry. Soos twee vlugkaartjies retoer na enige plek in die land of ‘n stel bande vir jou 4x4.
Al die inkomste gaan vir Boys en Girls Town.