Home

KAAIMANSGAT

Dit is nou al jare lank wat ek hierdie pragtige plek aan ons 4x4 vriende wil gaan wys.

Kaaimansgat le 10 km van Villiersdorp af naby Worcester in die Boland.  Die teerpad neem jou die berge in tot jy in die gat kom. Daar is van die rykste Appelplase in die land.  Die kom le diep tussen die klowe en daar is net die een pad soheentoe. Daniel Roux het steil brandpaaie bokant die appelboorde gemaak wat jou hoog teen die berge opneem en alles rondom met Proteas beplant.

Gepraat van ‘n paradys. Om dit nou met goeie 4x4 te kombineer en die omgewing uit verskillende hoeke en hoogtes te bekyk, maak hierdie avontuur net ‘n moet.

Omdat die mense wat Weskus toe gaan altyd vra dat ons hulle nog ‘n toer moet gee in daardie omgewing, het ons besluit om Kaaimansgat en Weskus baie naby mekaar te sit.

Dan spaar jy baie myle.

DAG 1

Ons kom deur die middag by Villiersdorp aan om ons gastehuise vir die res van die naweek te kry en pak solank af. Ry die dorp in tot by die kerk. Daar draai jy Oos met Kerkstraat en ry regaf tot waar hy doodloop. Daar is Daniel en Alida Roux se huis aan die regterkant.  Ons bymekaarkomplek.

18h30.  Ons kom hier bymekaar om na die eetplek te vertrek.

DAG 2

Ons kom half agt bymekaar om na Kaaimansgat te vertrek waar ons gaan brekfis en waar die dag se roete begin.

Ons ry deur die Appelboorde tot waar die bergpaadjies begin. Dan klouter die 4x4’s die berg op en deur die klowe in die mooiste protea en fynbos       plante omgewing met klowe waar geelhout en kliphoutbome van baie jare voor eergister beware gebly het. Met middagete sal ons by Daniel se kampplek diep in ‘n kloof hoog bo die boorde op die grasperk uitspan.

Na ete is daar nog ‘n hele gedeelte van die mooiste 4x4 klimme oor tot ons teen laat middag by ons aand se eetplek uitkom. By die eetsaal is badkamers en geriewe sodat ons nie nodig het om heen en weer dorp toe te ry nie. Vanaand gaan ons lekker kuier op Daniel se privaat wyne — ne !!

DAG 3

Ons sal direk na die ontbytplek toe gaan sodat ons agtuur kan begin eet.

Ons vertrek negeuur na Stitein omtrent 20 km. Daar gaan ons die baie steil, maar pragtige bergroete aanpak.  Hierdie paadjie kronkel hoog teen die berg op en gee die wonderlikste uitsigte oor die ryk boerderygebied . Die roete self het ‘n paar wakkermaakplekke met klimme wat jy nooit van jou 4x4 souverwag nie. Die adrennalien pomp, maar jou oe kan hulle nie glo nie.Dis te mooi vir woorde.

Die berge van die Boland is ongelooflik mooi met fynbos en Proteas wat hier verpak en uitgevoer word.

As ons laatmiddag weer terug op gelyk grond is, ry ons op pad aandete toe naby ons gastehuise verby sodat die wat wil, die sweet kan gaan afspoel en op hul eie tyd eetplek toe kom.

DAG 4

Na ontbyt sal Daniel en Alida ons gashere  wees om die enorme kouestore en appel pakstore te gaan bekyk. Die hele dag is tot ons beskikking, Alhoewel die mense wat hiervandaan die Weskustoer saam met ons gaan doen, darem so teen twaalfuur die pad moet vat. Dis nog 200 km St Helenabaai toe.

Ons bly in gastehuise op Villiersdorp. Daar is wel kampplek vir diegene wat dit verkies Die kosteverskil is egter minder as tweehonderd Rand vir die hele tydperk.

Alhoewel ons op bestaande paadjies beweeg, sal ons maar moet voorsiening maak vir wanneer ons dalk hulp gaan nodig kry. Daarom, sorg dat jou 4x4 ‘n haakplek voor en agter het. Bring ‘n bandepomp en drukmeter, flits, sonbrandgoed, kampstoel vir middag etenstyd,  kamera, 

Home