LUDERITZ TOT WALVISBAAI TRANS NAMIB 4X4 7 – 13 FEBRUARIE 2010
As gevolg van die terrein en die baie sand en duine, hou ons hierdie groepie klein. Daarom gaan ons ons groepie klein hou. Ons werk maar op eerste kom, eerste saamgaan.
Omdat die terrein so moeilik is, wil ek keer dat die voertuie te swaar gelaai word. Jy moet reeds brandstof vir 800km. En jou eie water vir ses dae saamry. Gelukkig kry ons water vir was en stort op die vierde dag by Fishers Brun. Daarom gaan spyseniers saam wat al die kos maak. Hulle vat ook die stort saam waarvoor jy jou water saamneem.
Jy moet sorg dat jy ‘n sleephaak voor en agter aan jou voertuig het om ‘n tou aan vas te maak, ‘n bandepomp en sleeptou ,flits, eie tentjie, handdoek, toiletpapier en slaapgoed saambring.
Dag een. SONDAG 7 FEBRUARIE 2010
Ons kom by Luderitz bymekaar. Ons bly almal by OBERLIX gastehuis by Luderitz waar dit veilig is vir ons voertuie . Die kampery by Luderitz is wisselvallig, omdat die wind jou meeste van die tyd probeer wegwaai.
Ons eet die aand by die YACHT CLUB wat reg by die waterfront is. Ete is half agt en dan bespreek ons die trip se fynere detail. Die volgende oggend sal daar tyd wees vir vinnig iets by die winkels kry. Hierdie ete se prys is ingesluit by die toerprys asook die aand by Obelix gastehuis. Ons bespreek vir jou. As Obelix vol is, reel ons met die ander gastehuis wat ons ken.
Dag twee. MAANDAG 8 FEBRUARIE 2010
Ons vertrek negeuur van die OBELIX gastehuis af. Eers ry ons 35 km. met die teerpad uit Luderitz uit. Daar draai ons Noord op die waterpad. Na nog twaalf km. draai ons die woestyn in. Aan die begin is dit hardepad, maar stelselmatig begin die duine meer word. Die laaste 25 km van die dag sal ons regtig spartel in die los duine. Die middag laat kom ons by SYLVIA HILLS aan waar ons die aand sal kamp. As jy wil stort, gee jy koue water aan die kokke wat dit sal warm maak langs die kampvuur.
Dag drie . DINSDAG 9 FEBRUARIE 2010
Na ontbyt vertrek ons in die duine in om die ou Koi-San oorblyfsels te bekyk. Dan pak ons die duine
Ons gaan effens dieper in die binneland in om die ou stompneus Ford, SUZY te sien wat 54 jaar gelede deur Mo Khan se mense daar gelos is en nog net so op die pan op die pan in die woestyn staan. Ons ry ook verby die Caterpillar wat ook daardie tyd net so agtergelaat is en nog so met sy twee sleepwaens staan. Nou sal die vorige dae se ondervinding help, want die duine word al hoe groter. Die nagte is nou baie spesiaal
Ons sal as die weer dit toelaat baie naby aan die strand kamp opslaan vir die nag.
Dag vier . WOENSDAG 10 FEBRUARIE 2010
Vandag is ‘n regte duinedag soos ons dit graag wil he. Ons beweeg ook nader aan die see. Die laaste stuk see toe is baie lekker om te ry en nes jy dink jy is daar, is daar nog ‘n paar duine wat ons besig hou. Vanaand slaap ons op die strand, maar as dit winderig is, sal ons so twee duine terug staan sodat ons lekker skuiling het.
Dag vyf. DONDERDAG 11 FEBRUARIE 2010
Die duinebelt maak effens oop soos ons nader kom aan Fishersbrun. Dis in hierdie deel tussen Meob baai en Conception baai waar diamantmynery in die vroee 1900’s aan die orde van die dag was.
By Fishers Brun maak ons weer ons watertenks vol. Hierdie water smaak effens brak en ons bevel aan dat ons liewer ons drinkwater apart hou. Ek gebruik gebottelde water vir drink omdat dit maklik is om te pak.
Ons volg die oorblyfsels van die 75km lange pyplyn wat die myne van water voorsien het en bekyk die ou myndorpies van Holsatia, Charlottenvelder en Grillenberger. Alles is al erg verweer, maar ons kry darem nog die idee van swaarkry in die woestyn.
Ons sal die aand tussen die duine nie ver van Holsatia af nie, kamp.
Dag ses. VRYDAG 12 FEBRUARIE 2010
Van Holsatia af volg ons die spoor Noordwaarts na Conception Baai en dan strandlangs tot by Sandwichbaai. Op die pad stop ons by die wrak van die Eduard Bolen wat in 1909 daar gestrand het en nou baie ver van die water af le soos die kuslyn see se kant toe skuif.
Dan sien ons die wrak van die Shawnee, wat weer ‘n storie van ‘n assuransie skandaal het.
Nou gaan ons verby Langewand waar die duine tot by die see loop en ons het net beperkte tyd om op laagwater hierdie stuk strand baas te raak. Hiervandaan draai ons weer duine-in om om die soutpanne van Sandwichbaai te kom.
Die duine word nou al hoe groter, maar ons ondervinding is ook nou al meer en die plesier is onmeetbaar. Ons bly die nag in die diep gat naby Sandvis hawe., sowat twee km. van die see af.
Dag sewe. SATERDAG 13 FEBRUARIE 2010
Van Sandwichbaai af gaan ons deur ‘n reeks slipfaces waarvandaan die uitsig geen gelyke het nie. Ons sak deur die bromduine af tot by die see waarvandaan ons die laaste 50 km. strandlangs ry verby Paaltjies en die soutpanne na Walvisbaai.
Hier se ons dan koebaai aan die heel beste 4x4 ondervinding wat jy ooit in jou lewe sal ervaar. Nou is die toer amptelik oor, maar ons ken mekaar nou baie goed.
Die meeste van die groep gaan daardie aand by die Straus Holiday Flats in Swakopmund bly en die aand eet by die Lighthouse Restaurant. Dit gee ons ‘n kans om die sand uit ons tande te kry voor ons die langpad vat huis toe.
ONTHOU!!
Jou voertuig moet ‘n ZA plakker agterop he vir Namibie.
Ons benodig paspoorte vir Namibie, maar geen visas nie. Ook as jy deur Botswana wil ry en in die middel van die Botswana hoofpad is die dorpie Kang waar hulle RSA, Namibie en Botswana geld vat by die vulstasie.
Ons moet brandstof vat vir 800km. En water vir ses dae. Op die 4de dag kry ons water vir was en stort. Ons eie tente en slaapgoed .Verkieslik moet ons twee spaarwiele saamneem, maar dis nie wet nie.
Elke voertuig moet 10 liter water vir die kokke en een sak hout of charcoal vir die kampvure saambring.
Onthou dat dit redelik koud is naby die see in die woestyn.
Andre Fourie is die eienaar van Straus Holiday Flats by Swakopmund en hy doen altyd vir ons die besprekings. As sy gastehuis vol is, reel hy ander verblyf. Hy is immers in Swakopmund en ken al die plekke en mense. Vir ander navrae oor Swakopmund en omgewing, vra hom gerus. Sy tel is: 00264811277300 en sy bestuurder by die plek is Meisie en haar nommer is: 0026464 412350. Hulle tarief vir ons is R200.00 per persoon wat deel vir bed en brekfis. Jy moet meld dat jy deel van RSG4x4 is.
Ander nommers is:
Klein Aus Vista by Aus 0026463 258116 Piet is die baas.
Ai-Ais 0026463 262054 Nubib Nature Camp 104 km suid van Sesriem 002646638 vra vir Namgorab 5503 Sesriem kampplek 0026461236975.
Swakopmund A raam chalets. 0026464 4104334
Lighthouse restaurant 0026464 400894
Gobabis Onze Rust gastehuis 0026462 562214, 100 km van Buitepos grenspos af.
Obelix gastehuis Luderitz aandag Norbert 00264811283667.
Die koste is R7500.00 per persoon wat alles insluit . Ook die eerste aand se gastehuis en ete en ontbyt die volgende oggend. Kinders = 6 - 11 jaar R2250, 12 – 17 jaar = R3750.00. Dis konsessiefooie, kos, gidse, alles. Tot ons by Walvisbaai groet.
My noodnommer is 082 491 5900
Groete, Francois.Rossouw.
Ons benodig die ID nommers van almal vir die permitte.
Daar is baie ander wat wil saamgaan, daarom moet ons so gou moontlik ‘n deposito betaal om ons plekke te bevestig.