DIE RSG MOSAMBIEK ERVARING
Hierdie is die voorlopige program vir die Mosambiek 4x4 toer.
Alhoewel die reelings oral finaal gemaak is, is dit so lank voor die tyd, dat ons tog moontlik ‘n kleiner aanpassingkie kan verwag. Omdat die geriewe en die aankope in Mosambiek maar wisselvallig is, gaan ons spyseniers saamneem wat ons kos in die bos sal maak. Vorentoe sal ons meestal in die lodges eet. Hulle spesialiseer in seekos en dis wat ons wil he. As jy nie seekos eet nie, kan ons reel vir slegte kos vir jou. Laat ons net betyds weet.
Ons gaan drie maande voor die tyd ‘n finale program uitstuur en dan wil ons die depositos he. As jy op hierdie stadium wil saamgaan, skakel Martie Vice by ons kantoor 011 902 5066 en sy sal jou op die lys sit. Dan kry jy eerste keuse. Die koste is nog nie finaal nie, maar ons verwag dat dit ongeveer R8000 sal wees wat die lodges en kos en kampplekke, die bootreis en alles insluit.
Vir brandstof sal ons Metikas , hulle geld, saamneem sodat almal nie hoef te sukkel met gelde wat jy nie ken nie. As jy dan hulle geld soek, sal ons dieselfde koers as die bank vra. Dis net alles vir almal se gerief. Dit skakel die ding uit dat jy met vreemde geld sit wat jy nie kan gebruik as jy by die huis kom nie.
Die roete gaan lang ente deur sandpaaie en deur riviere en in droe lope, maar ons gaan buite die reenseisoen. Waentjies wat sterk en hoog is, kan die pad ry as jou 4x4 low range het. Dit sal egter nie nodig wees nie omdat ons langste afstand tussen petrolstoppe 450 km is.
Ons gaan die eerste dag by Punda Maria in die wildtuin bymekaar kom. Jy moet self daar kom. Ons sal die bespreking met die wildtuin reel.
DAG 1
Ons kom by Punda Maria bymekaar waar ons kamp vir die aand. Aandete en die kampplek se koste is ingesluit. Bring ‘n handdoek saam. As jy in ‘n chalet wil bly, is daardie koste vir jou eie rekening. Maak seker jou brandstof is hier vol. Die pompe is 06h00 tot 18h00 oop.
DAG 2
Sorg dat jy jou voertuig se papiere by jou het. Die lissensie kwitansie is genoeg omdat die registrasiesertifikaat nie altyd die registrasienommer op het nie.
Ons gaan 45 km tot by Pafuri grenspos. Wees voorbereid dat dit Afrika is en stadig gaan.
Nou ry ons deur die limpopo wat hier net vlak is en die tyd van die jaar smal is. Dan gaan ons met die sandpad tot naby Mapai waar ons ‘n boskamp maak vir die aand.
DAG 3
Ons ry 100 km sand bospad en 140 km. goeie grondpad. Ons kruis die riviere met ou militere staalbrue – heel interressant. Ons gaan verby die dorpie Mashihela tot by die sendingstasie by Mabot waar ons die aand kamp.
DAG 4
Van Mabot af ry ons Noord tot by die Saaf rivier . Dan ry ons langs die rivier op die sandpad vir 100 km. tot ons die N1 Teerpad kry waarmee ons tot by Inyasoro ry. Daarvandaan ry ons 45 km op die strand tot by die Bartolomeus Diaz Lodge by die see. Ons gaan twee aande in hierdie lodgwe bly en hulle spesialiseer in seekos.
DAG 5
Ons het baie te doen hier. As die weer dit toelaat, gaan ons 18 km. met die boot oor na Bazaruto Eiland . Daar kan ons eet en drink en sien. Ons gaan die middag weer terug na ons lodge toe.
DAG 6
Ons pak die 60 km slegte grondpad aan wat ons die grootste deel van die dag gaan besig hou tot ons die middag by Velanculos kom waar ons die aand kamp.
DAG 7
Ons ry vanaf Velanculos 300km.teerpad , maar die stuk tussen Mashish en Mashinga is erg sleg!!! Dan ry ons nog 60 km. grondpad tot by Inyambane waar ons die aand in die lodge bly.
DAG 8
Nou ry ons nog 300 km teerpad tot by Belene waar ons die volgende twee aande in die lodge bly.
DAG 9
Ons bly by Belene waar ons kan visvang, swem, of met die Barge oor die lagune kan ry.
Dis net 20 km. na Turtle Bay waar ons op die groot rots kan staan en die skilpaaie dophou wat altyd daar is. Hierdie area is baaaaie mooi.
DAG 10
Omdat ons nou so naby Maputo is, sal ons die 150 km soontoe gaan en ‘n draai deur die stad ry. Ons sal die aand net buite Maputo kamp.
DAG 11
Ons ry 80 km na Komatipoort en kom deur die grens voor ons ons laaste aand net buite Komatipoort kamp maak.
DAG 12
Nou is elkeen op sy eie om sy draaie te ry huis toe of nog ‘n bietjie in die Oos-Transvaal rond te ry.
As jy jou naam op die lys wil he, skakel Martie Vice 0119025066
ONTHOU!! PASPOORTE, ZA PLAKKER, GEEN VISUMS IS NODIG NIE.