Home

RSG4X4KLUB TOER NA DIE RICHTERSVELD 15 tot 18 APRIL 2010

Die Richtersveld is seker die mees besonderse plek in ons land. Net Noord van die Oranjerivier le die Namib woestyn met al sy sand, maar suid lyk dit of al die sand oor die rivier gewaai het. Dis net ‘n bergwoestyn wat oorgebly het. Die mees geharde plante het hulle daar gevestig, maar as gevolg van die baie min reen, groei hulle so stadig dat hulle uiters beskerm word en baie besonders is.

Ons toer daarheen is dan ook nie om 4x4 sports te gaan maak nie, maar om die Richtersveld Park met sy eie glorie te gaan bewonder. Om op die beste plekke uit te kom, het ons 4x4 nodig . Party van die paaie waar ons op hierdie toer gaan ry, is sanderig en taamlik sleg, al is die meeste van die paaie andersinds geskik vir gewone voertuie.

Elkeen moet sy eie tent of slaapplek saambring, want daar is nie akkommodasie waar ons gaan nie. Ons bly wel by Richtersberg en De Hoop .  By hierdie kampe is daar ablusie geriewe en toilette en koue waterstorte  Dis baie meer as wat die Richtersveld nog ooit vantevore gehad het. Verlede jaar was Richtersberg se ablusie buite orde en toe het ons twee aande by De Hoop gebly wat baie lekker gewerk het. Ons sal nader aan die tyd besluit, want die twee plekke is baie naby mekaar.

Ek sal vir elke voertuig ‘n tweerigting radio saambring. Dan kan ons die gids se kommentaar in die ry hoor en vrae vra. Maak net seker jou voertuig het ‘n beskikbare 12 volt sigaretaansteker prop vir die radio.

Ons bly die eerste aand by Sendelingsdrift naby die kantore en naby die Oranjerivier wat nou die Gariep is. Daar is ook brandstofpompe, maar het nie altyd loodvry petrol nie.

DONDERDAG - 15 APRIL 2010

Ons kom almal die middag by Sendelingsdrif bymekaar.  Om daar te kom, ry van Port Nolloth met die teerpad tot by Alexanderbaai, waar jy brandstof volmaak. By die park is die brandstof beperk. Ry dan Oos tot die teer grondpad word. Hou aan met die grondpad verby die mynery in die rigting van Khubus verby Brandkoros altesame 46 km tot jy links afdraai na die Ai-Ais-Richtersveldpark.

Ry nou 22 km tot by die hoofhek van die park waar jy ‘n besprekingsdokument sal kry. Ry nou nog 22 km tot by Sendelingsdrift. Ry verby die mynery tot by die kampplek.

Ons het spyseniers wat al die kos maak en die aandete is half agt. Registrasie is egter al van sesuur af.  Jy kan egter enige tyd deur die dag kamp opslaan. 

Ons plekke is bespreek onder die RSG4X4KLUB en klaar betaal. Hulle het ons gastelys met jou naam op.

As jy brandstof nodig het, maak vol om more tyd te spaar. Ons kom na 350 km weer by brandstof . 

VRYDAG - 16 APRIL 2010

Ontbyt is half agt.   Alles word voorsien om padkos te maak, maar ons maak ons eie padkos by ‘n aparte tafel by ontbyt. Bring iets om die padkos in te sit.

Ons gaan verby die halfmens woud  en volg die roete wat ons gids vir ons uitgewerk het. Ons gaan nie die normale paaie ry nie en het ‘n gids wat in die Richtersveld grootgeword het. Ek gaan nader aan die tyd saam met hom ry om die tye en stopplekke en die finale roete uit te werk.

Daarom gaan ek al die dinge waar ons aangaan nie in die regte volgorde noem nie. Ons vorige toere se roetes was anders omdat ons ander kampe gebruik het.

Ons gaan die aand by ons kampplek aankom, betyds om kamp op te slaan en skoon te maak vir aandete agtuur. Ons het ‘n span kosmakers wat met kortpaaie vroeer by die kampplekke sal kom.

SATERDAG - 17 APRIL 2010 EN SONDAG - 18 APRIL 2010

Die volgende twee dae gaan ons al die Richtersveld se wonders en geheime ondersoek.

Ons gaan oor Domorogspas, en sal die rotsformasies van Kokerboomkloof soos die Toon, Die Hoenderboutjies, en die uitkykpunt by Tatasberg,

Ons gaan oor die Akkedispas, en die Kimmetjie by Swartpoort. .

Die halfmensplante en die drie hoofsoorte kokerbome sal ons mooi uitwys en dan die kleiner aalwyne in Vuurberg tot die kinderpieletjies, wat die raarste soorte vetplante is.

Op ‘n stadium sal ons afkyk op die Oranjerivier met die Namib aan die oorkant en dan Ausenkeer, die geweldige groot druiweplaas aan die Noordekant in Namibie.

Ongelukkig lyk dit nie of die pont by Sendelingsdrift waarmee ons eendag sou oorgaan Ai-Ais toe al in werking sal; wees nie. Die politiek tussen RSA en Namibie vertraag hierdie projek, terwyl die pont en konstruksies alles gereed is.

Ons sal al twee die aande in die park langs die Oranje Rivier, of Gariep soos hy nou heet, naby die water kamp.

Sondagmiddag behoort ons so teen tweeuur deur Helskloof by daardie hek uit te kom, sodat ons betyds is om nog Springbok te haal waar daar by Jopie Kotze lekker gastehuise is.

Hierdie toer sal jou in staat stel om van die Richtersveld te sien en te leer wat jy nooit op enige ander manier sal kan doen nie.

Intussen het Andy Davies , die parkhoof, my laat weet dat hulle baaaaie reen gehad het en baie van die paaie verspoel het sodat gewone voertuie hulle nie kan gebruik nie. Hulle verkies nou 4x4 voertuie. Dit pas ons uitstekend!!. Nou is dit beter 4x4.  Hulle het nie geld om die paaie reg te maak nie. By die tyd dat ons gaan, behoort die plantjies ook op hulle beste te wees. Baie steek net hulle koppe na goeie reen uit.

Die geelvis byt vreeslik naby ons kampplek veral by Richtersberg. .  Ek het sommer ‘n paar visvangpermitte gereel. So, bring maar ‘n visstok saam as jy wil.  Hulle is so honger en byt sommer aan enigiets. Ek het laas keer ses in ‘n halfuur met brood gevang.

LET WEL

Bring jou eie tent, slaapgoed, eetgerei, toiletpapier, kampstoel, handdoeke, flits, drinkgoed, iets om die padkos in te pak,

Die koste is R2050. per persoon, kinders onder ses gratis, 6 tot 11 R750.00 en 12 tot 17 R1200.00

Dit sluit die park se toegang, kampplekke, gidse, al die etes,  visvangpermitte alles in. As jy ‘n ‘WILD CARD’ het, skryf sommer jou nommer op die bevestigingsvorm, asseblief.

My noodnommer is 0824915900.  Groete, Francois.

Home