DIE 4X4 SUIDPUNT-BELEWENIS : 13 – 17 OKTOBER 2010
Die heel suidelikste punt van Afrika is eintlik afgesonder met sy eie tipe plantegroei en sandveld. In die laaste tyd is die Park heelwat ontwikkel en die sandpaadjies vir ons oopgemaak. Met Struisbaai en Arniston en L’Agulhas wat op die punt van die roete le, is daar min mense wat hierdie wereld regtig belewe het.
Nou is dit presies wat ons op hierdie trip gaan doen. Ons gaan hierdie skatkis geskiedenis oopkrap en ervaar van sy sandpaaie en duine tot waar die grond begin hard word.
WOENSDAG 13 OKTOBER 2010
Ons ontmoet almal by L’AGULHAS. Daar sal ons die woonplekke uitdeel. Ons sal ook al die etes hier geniet soggens en saans agtuur.
DONDERDAG 14 OKTOBER
Ontbyt is agtuur en ons vetrek negeuur na die Agulhas vuurtoring waar die parkhoof van die Agulhas Nasionale Park ons ontmoet . Die wat die trappe in die vuurtoring wil uitklim sal maar baie vroeg die oggend moet begin.
Nou ry ons na die mees suidelike punt van Afrika waar die Indiese en Atlantiese oseane ontmoet.
Dan gaan kyk ons na die wrak van die Japanese vistreiler, die Meisho Maru 38 wat daar gestrand het.
Nou gaan ons vir 15 km met die sandpaadjie deur die Park tot by Mnr Rooiboet Swart se plaas naby Brandfontein waar ons die sandduine gaan aandurf.
As ons genoeg sandduine gery het, --Kan ‘n man genoeg daarvan kry ?—gaan ons na die plaas
Springfield wat deur Sanparke gekoop is , maar waar die vorige eienaars nog bly. Piet van As is ‘n kenner van die Strandveld en ken al die staaltjies en stories van die gebied.
Hy was dan ook die hoofbron van inligting vir Daleen Matthee se boek ,, DIE UITGESPOELDES’’ waarvan die verhaal hier afgespeel het. Hy het ook die sketse in die boek gedoen.
Volgende op die program is Soetanysberk, die mooeiste gedeelte van die Agulhas Park met sy groot verskeidenheid fynbos wat dan nog in blom sal wees.
Nou ry ons vir 10 km op tweespoor sandpaadjies tot by Rietfontein se Baai, die plek waar Daleen Matthee se boek begin. Op pad stop ons by die uitkykpunt waarvandaan ons ‘n oneindige uitsig het oor die see en verbyvarende skepe. Ons kan hiervandaan tot by Suiderstrand sien en die voete in die see afspoel.
Hiervandaan ry ons 30 km gruispad na Elim, die voormalige sendingstasie van die Morawiese
Sendinggenootskap met sy pragtige ou kerk en watermeul.
Ons mage sal nou al knor en ons vat die pad terug Struisbaai toe.
Iewers sal ons nog oor die naweek ‘n wynproe ook moet inpas.
Aandete agtuur in die kerksaal.
VRYDAG 15 OKTOBER
Na ontbyt ry ons na die plaas Boskloof naby Bredasdorp waar ons na ‘n veldblomkwekery gaan kyk en ook ‘n baie mooi 4x4 roete gaan aanpak.
Middagete is by ‘n ander wynkelder en dan besoek ons ‘n paar mooi plekke soos Baardskeerdersbos. Wie het nog nie van die Baardskeerdersbos orkes gehoor nie.
Nou ry ons oor Elim, die eertydse sendingstasietjie terug Struisbaai toe.
Aandete is weer in die saal.
SATERDAG 16 OKTOBER
Na ontbyt in die saal ry ons deels gruis na Waenhuiskrans en Arniston om die bekende waenhuisgrot met laagwater te kan besoek. Dan wat ons die sandpad en ry na Kassiesbaai die vissersdorpie wat in sy geheel as nasionale gedenkwaardigheid verklaar is voor ons na De Hoop, die natuurreservaat 70 km verder gaan. 42 van daardie km is gruispad.
De Hoop beskik oor ‘n groot verskeidenheid voelspesies en ook die skaars Bontebok, Kaapse sebras en elande. By Koppie Allen gaan ons Walvisse kyk. Hier kom skenk tientalle walvisse jaarliks geboorte. Dis die beste walviskykplek en ons hoo[p om sommer baie hier te sien.
Na middagete by die restaurant ry ons na Malgas waar die enigste mens-aangedrewe pont in die land is. Ons gaan met die pont ry.
Nou trek die son water en kies ons koers aandete toe in ons gewone saal.
SONDAG 17 OKTOBER 2009
Na ontbyt in die saal groet ons en vat die lang pad terug huis toe.
Ons bly in CHALETS EN BUNGALOWS. As jy wil kamp, moet julle 2 mense per staanplek wees teen R300 p.p. goedkoper as die chalets. Die gastehuise is baie duur. Dit kos R1000 p.p. ekstra.
Alle etes en padkos is ingesluit. Julle moet eie beddegoed saambring.
Bring jou 4x4, eetgerei, handdoeke, flits, bandepomp en drukmeter en as jy ‘n sleeptou het net ingeval. Bring warm klere vir saans, toiletpapier en kamara.
Die koste is R3100.00 per persoon wat die etes en akkommodasie insluit asook alle toegange en gidse. Kinders 6-11 jaar is R850. 12 – 16 jaar is R1550 en 17 jaar en ouer is volprys, onder 5 jaar is gratis as hulle eie matrassie en beddegoed bring en die ouers se kamer deel. As daar enige geld oor is, gee ons dit vir die Agulhas gemeenskap wat vir ons die reelings en kos maak vir hulle gemeenskapskas.
MY NOODNOMMER IS 0824915900
GROETE FRANCOIS