DIE SWAZILAND 4X4 ONTDEKKINGSTRIP : 22 – 25 JULIE 2010
Dit is lekker om ‘n slag hierdie onbekende en ontoeganklike buurland tot in sy binneste te kan bekyk en ervaar.
Hierdie gaan ‘n toer in die normaal ontoeganklike dele van Swaziland wees net vir voertuie met “low range”.
Die basiskamp gaan by Hawane Resort wees met chalets on suit en warm swembad en ‘n kontantkroegie. Daar is curio plekkies , die Ngwenya glasfabriek en brandstof in die omgewing. Ons het die hele plek uitgeboek sodat daar geen ander mense kan inmeng nie.
DONDERDAG 22 JULIE
Ons kom almal deur die loop van die middag by die Hawane Resort bymekaar en kry ons slaapplekke sodat ons sesuur gereed is vir registrasie.
Ry by OSHOEK grenspos in en volg die nuwe hoofpad vir 6 tot 8 km en draai links na Piggs Peak. Die afdraai is duidelik gemerk. Op die linkerkant sal ons na 3 tot 5 km die teken Hawane Resort sien. Ons sal Oranje merkers opsit om dit maklik te maak.om te kry, maar die borde is duidelik.
Aandete is half agt.
VRYDAG 23 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons sal negeuur vertrek. Daar sal padkospakkies vir almal wees. Maak seker om joune te neem. Sorg ook dat jy genoeg drinkgoed het vir die hele dag.
Die dag se roete sal ‘n affiepad besigtigingsroete wees met ‘n paar plekke waar 4x4 voertuie sonder “low range” dit nie sal maak nie. Ons begin met drie km. teer tot waar ons op die grondpad afdraai tot ons by ‘n steilte opgaan om na Shackle Rock toe te draai. Die wat wil, kan hierdie klippie aanvat. As jy bo kom, het jy genoeg bewys gelewer dat jy “kan” en sal vir ‘n sertifikaat kwalifiseer. Nou gaan ons af om ‘n stroompie te kruis met ‘n interessante uitgang.. Na ‘n paar km. van heuwels klim, kom ons by Handbrake Hill. Hier gaan ons steeiilll af in laagste rat voor ons deur die vallei met drie riviertjies gaan . Verder aan kom ons by Mbuluzi River waar ons eers ‘n peestop sal maak. Hiervandaan mik ons noord vir 5 km. op goeie pad voor ons by die goed kom wat ons geniet. Ons klim op tot by die ou verlate vliegveld en dan verder teen die steiltes op deur ‘n Wattelplantasie wat bo oopmaak vir ‘n asemrowende uitkyk oor rotsformasies en monster klippe.
Hiervandaan gaan ons deur die valleie kronkel tot deur die Eucalyptus bos. Dis die moeite werd om ‘n blaar te frommel en te ruik. Nou is ons so diep in die afgesonderde Maplaleni gebied dat jy oral daggaplantasies teekom. Hulle noem dit Cabbage Mountain.
Van hier af gaan ons met ‘n redelike pad na die uitkykpunt vanwaar ons oor die pas voltooide Maguga dam kyk met een van die hoogste grondwalle in Afrika.
Afhangende van die stand van die son, sal ons hier besluit of ons deur die vallei terug kronkel, of die teerpad vat.
Aandete is weer half agt.
SATERDAG 24 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons vertrek negeuur . Neem jou kospakkie.
Vandag se roete sluit ‘n groot deel van die roete in wat vir die Swazi Regularity Raid gebruik word . Die roete is nie so beknop soos gister sn nie, maar het heelwat uitdagings met ompaaie vir ons bang gatte.
Daar is lekker rivierbeddings en ‘n paar waterkruisings, maar dis gelukkig nie reentyd nie. Nou kan ons Swaziland se bekoring van die kranspunte af bewonder en verder aan weer reg onder deur die diepte van die kloof kruis. Ongeskonde natuur en ruie natuurlike bosse met smal paadjies wat ons nie kan glo , die enigste toegang vir die mense is wat hier woon nie, is vir ons ‘n 4x4 uitdaging.
Ek belowe dat hierdie vir almal ‘n belewenis is wat ons nooit sal vergeet nie.
Andy Cory het belowe om die laaste aand vir ons van die fotos wat hy op die roete neem, te vertoon. Hierdie is ‘n toer deur Swaziland soos niemand dit ooit anders sal ervaar nie, want Andy ken die wereld en die 4x4 is van die beste. Dis ‘n ongelooflike mooi plek.
SONDAG 26 JULIE
Ontbyt is agtuur en ons ry negeuur klaar gepak na die Ngwenya glasfabriek op pad grens toe.
Ek is oortuig ons gaan almal die ervarings, gesigte, uitdagings en kamaraadskap erg geniet en ‘n heel ander idee van Swaziland huis toe neem.
Daar is ruimte as mense langer in die oord wil bly.
Die koste is R 3000.00 per persoon wat alles insluit. Kinders 6-11 jaar R1500 en 12 – 16 jaar R2000 en ouer is volprys. Die lodge, kos, padkos, gidse, fooie aan hoofmanne, toegange, ens. Sorg net vir jou eie drinkgoed, sleeptou, swemklere, flits, kamera,toiletpapier, handdoek vir ingeval en muskietgoed. Ook bandepomp en drukmeter. Daar is ‘n kontant kroegie op die perseel.
Dit is warm, maar kan onverwags koud word. Geen malaria nie.
My noodnommer is 082 491 5900.
Groete, Francois.
ONTHOU!!! DIE PASPOORTE.